“God gee natuurlik nie altyd passies wat finansiële of fisieke opofferings verg nie. As jy ʼn boekhouer, onderwyser of handearbeider is, beteken dit nie dat die passie vir jou beroep minder merkwaardig is as dié van predikers of dokters-sonder-grense nie.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel.
In die program vra Frans wat jou passie in die lewe is.
“As daar niks is waarvoor jy bereid is om te sterf nie, het jy niks om voor te leef nie.”
Meer oor die reeks:
Dié opname is deel van ʼn reeks en vervaardig deur Radio Kaapse Kansel. Dit vorm deel van die 2018-Lewensdoel-veldtog, wat ten doel het om jonk en oud te inspireer om hul ware lewensdoel te ontdek en daardeur ʼn betekenisvolle verskil in die wêreld te maak.
Vind meer uit oor die rolprent, The Roar, en gaan lees meer oor Frans se boek, Ontdek jou lewensdoel.