“As jy toelaat dat angs en vrees in jou groei, gee jy dikwels aan depressie vatplek.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel.
In die program gesels Frans oor hoe om jou vrese te oorkom.
“Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” (Josua 1:9)
Meer oor die reeks:
Dié opname is deel van ʼn reeks en vervaardig deur Radio Kaapse Kansel. Dit vorm deel van die 2018-Lewensdoel-veldtog, wat ten doel het om jonk en oud te inspireer om hul ware lewensdoel te ontdek en daardeur ʼn betekenisvolle verskil in die wêreld te maak.
Vind meer uit oor die rolprent, The Roar, en gaan lees meer oor Frans se boek, Ontdek jou lewensdoel.