[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Talente en gawes – Deel 8

Frans-Cronje_Wanda-Bam.jpg

Frans Cronjé en Wanda Bam tydens ‘n opname in die Kaapse Kansel opname.

“Ek glo vas dat God elkeen van ons met unieke gawes en talente geskape het. Sodra jy besef wat joune is, beskik jy eintlik dadelik oor ʼn duidelike kaart om jou te lei na wat jy met jou lewe moet doen.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel.

In die program motiveer Frans jou om vas te stel wat jou talente en gawes is.

“Elke mens is ʼn genie. Maar as jy ʼn vis beoordeel aan sy vermoë om ʼn boom te klim, sal hy sy hele lewe glo hy is onnosel.” Albert Einstein

 Meer oor die reeks:

Dié opname is deel van ʼn reeks en vervaardig deur Radio Kaapse Kansel. Dit vorm deel van die 2018-Lewensdoel-veldtog, wat ten doel het om jonk en oud te inspireer om hul ware lewensdoel te ontdek en daardeur ʼn betekenisvolle verskil in die wêreld te maak.

Vind meer uit oor die rolprent, The Roar, en gaan lees meer oor Frans se boek, Ontdek jou lewensdoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.