“Hoogmoed bring ʼn mens tot ʼn val; nederigheid bring eer.” (Spreuke 29:23)
In die program gesels Frans oor hoe trots soveel keer in jou pad staan om vooruit te gaan.
“Bid asseblief dat Hy vir my die regte deure moet oop- en toemaak. Ek wil graag sy doel vir my vervul,” versoek Frans.
Meer oor die reeks:
Dié opname is deel van ʼn reeks en vervaardig deur Radio Kaapse Kansel. Dit vorm deel van die 2018-Lewensdoel-veldtog, wat ten doel het om jonk en oud te inspireer om hul ware lewensdoel te ontdek en daardeur ʼn betekenisvolle verskil in die wêreld te maak.
Vind meer uit oor die rolprent, The Roar, en gaan lees meer oor Frans se boek, Ontdek jou lewensdoel.
Dankie, geniet die reeks podsendings baie.