“Jy word deur jou lewe verskillende geleenthede gebied, wat jy kan aangryp of verspeel. Die geheim van sukses lê in ons gereedheid en bereidwilligheid om ʼn geleentheid te benut as dit ons kant toe kom.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel.
In dié program gesels Frans oor voorbereiding.
“Is jy bereid om die risiko te loop en voorbereid te wees vir jou geleenthede? As jy nie JOU geleenthede aangryp nie, GAAN iemand anders dit voor jou oë wegraap.”
Meer oor die reeks:
Dié opname is deel van ʼn reeks en vervaardig deur Radio Kaapse Kansel. Dit vorm deel van die 2018-Lewensdoel-veldtog, wat ten doel het om jonk en oud te inspireer om hul ware lewensdoel te ontdek en daardeur ʼn betekenisvolle verskil in die wêreld te maak.
Vind meer uit oor die rolprent, The Roar, en gaan lees meer oor Frans se boek, Ontdek jou lewensdoel.
Só ry ons nogsteeds boeta se fame tot indieafgrond in