Gedagte vir die dag: Maak die beste gebruik van jou kanse

Struisbaai.jpgWees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd. (Ef 5:15-16)

Om voluit te leef moet God se kinders leer om elke geleentheid wat na hulle kant toe kom te benut en ook die tyd tot hulle beskikking ten beste te gebruik. Paulus versoek die gemeente van Efese dat hulle versigtig, soos verstandige mense, sal lewe. In die oorspronklike Grieks staan hier: “Julle moet nou keurig let op julle lewe.” En dit vereis ’n volwasse verantwoordelikheidsin: Hul le mag nou nie langer leef soos hulle wil nie omdat hulle nou onder die heerskappy van die Koning van die lig val.

Paulus se voorskrifte geld ook vir jou. Maak dus die beste gebruik van jou kan se, plaas ’n hoë premie op die tyd tot jou beskikking sodat jy nie jou tyd óf jou geleenthede sal mors nie.

Baie hedendaagse mense steur hulle glad nie aan die Here en die voorskrifte in sy Woord nie, maar lewe net soos hulle wil. Daar om behoort jy erns te maak om volgens God se wil te leef. Dit sal jy net kan regkry as jy met die Heilige Gees vervul is en die beheer van jou lewe aan Hom oorlaat. Indien die hele gemeente bereid is om hierdie voorskrifte na te kom, sal die kerk inderdaad God se Naam grootmaak.

Here, dankie vir kanse en geleenthede, en vir die tyd tot my beskikking. Gee dat ek versigtig met my kanse én my tyd sal werk so dat ek u Naam kan grootmaak. Amen

Lees Efesiërs 5:15-20

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.