Gedagte vir die dag: Maak dissipels vir Jesus

 voetspore_woestyn_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis. (Matteus 28:19, 20)

Die teks van Jesus se intreepreek het gelui: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie” (Markus 1:15, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Nou lewer Jesus sy afskeidspreek. Dis ʼn opdrag aan sy dissipels en per implikasie aan sy kerk op aarde. Die boodskap van die koninkryk moet nou uitgedra word onder al die nasies oor die hele wêreld.

Eerstens moet die mense dissipels van Jesus gemaak word; dus mense wat bereid is om op die voetspore van Jesus te loop. Dan moet hulle gedoop word in die Naam van die drie-enige God as teken van hulle verbondenheid met Christus en sy liggaam op aarde. Voorts moet hulle geleer word: Om al hoe meer Christusgelykvormig te wees, moet ons na Hom luister en doen wat Hy vir ons beveel het.

Jesus sluit die opdrag af met ʼn belofte: Hy bly by sy dissipels tot met die voleinding van die wêreld. Ook hierdie belofte het waar geword met die uitstorting van die Heilige Gees.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ange ·

Net Jesus kan ons land genees. Hy is die lig en die waarheid. As almal na Hom toe draai sal dinge verander.

Ada ·

Jy is reg Ange. Ons moet ALMAL na hom toe draai. Dan sal Hy nie Sy rug op ons keer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.