Gedagte vir die dag:  Maak gereed en juig     

Gelukkig_vrou_natuur_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Sing ’n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak ’n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is. (Psalm 68:5)

In hierdie psalm word die koms van die Here (hier net “JAH” genoem in die grondteks) beskryf. Wanneer Hy kom, oorwin Hy – dan sal elke vyand se knie buig. As Christene sien ons dit as Jesus se wederkoms. Ons glo mos dat Hy, die Bruidegom, reeds op pad is. Wanneer God egter kom, het ons as gelowiges ook ’n taak. Volgens die Skrif moet ons sy “pad gereed maak” of “gelyk maak”. Ons moet voorberei vir sy koms.

Wat sou dit beteken? Wel, ons moet ons lewens regkry sodat ons gereed is om Hom te ontmoet, nie waar nie? Dan moet ons dit solank in die wêreld begin afkondig dat die Koning kom sodat hulle ook gereed kan wees. Ten slotte kan ons maar begin juig. Ja, ons kan juig omdat ons verlossing naby is omdat alles goed gaan eindig; juig omdat Hy ons vir ewig sal liefhê. Om te juig berei ons harte voor vir Hom en berei sy pad voor, geestelik gesproke. Om te juig is ’n kragtige geloofsdaad – oefen dit gerus.

Here Jesus, ek is opgewonde oor U en oor u koms. Ek wil solank daaroor sing en juig. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Saintjordaan ·

Wie is die God van Abraham, Isak en Jakob/Israel? 1 Kon 18:36, ens
Wie is die God en Vader van die here Jesus Christus? Ef 1:3; 17; 1 Pet 1:3, ens
Wie is die Maker en Man, “the Holy One of Israel”
Die EEN wat niemand raaklees of erken nie!? Jes 54:5 Dit is asof elkeen die Skrif ignoreer!?
Wel, want Hy is aan die kom, die Dag van die Here is op hande, Joel 2, Sef 1,2, Mal 4, ens
Ps 96:13…want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wereld oordeel IN GEREGTIGHEID, en die volke in sy WAARHEID.
WANT
Heb 4:8 want as Jesus G2424 aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag (DIE 7DE DAG) daarna spreek nie…
2 Pet 3:10 maar die Dag van die Here sal kom soos ‘n DIEF in die nag (hoe is dit?)…..
Dit is tyd vir WAARHEID.
Hoor Israel! Die Here onse God is EEN! Mark 12:29-34, Deut 6:4, ens

Dries ·

Ek verlang ontsettend na Jesus se wederkoms, die wonderlikste dag vir ons gelowiges!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.