Gedagte vir die dag: Maak jou beursie oop        

Roos_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Gee julle lewens eerder aan God. Maak vir julle skatte by Hom bymekaar. Daar wag dan ’n splinternuwe lewe op julle. (Lukas 12:21)     

Iemand het eenmaal gesê daar is twee redes waarom ’n mens werk. Die een is om geld te maak en die ander een is om dit te geniet. God gee aan ons die vermoë om te werk en geld te verdien sodat ons dit ook kan geniet. Sukses en welvaart is nie per se ’n euwel nie. Dis ’n Godgegewe voorreg. Wat egter wel belangrik is, is hóé ons ons geld verdien en wat ons daarmee doen.

Wanneer jy jou brood en botter op ’n eerbare manier verdien en dit verantwoordelik spandeer, het jou Vader geen probleem met rykdom nie. Wat Hy egter wél van ons vra, is dat ons ook ons inkomste vir ander en vir Hom sal aanwend. God gee vir jou sodat jy op jou beurt weer kan gee.

Gee jy genoeg van jou voorregte en inkomste vir Hom terug? Waar, hoe en aan wie dink jy kan jy meer gee?

Goeie Gewer, ek wil meer vir U gee. Wys my waar, hoe en hoeveel.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Iemand het eenkeer gesè? Iemand het ook eenkeer gesè, genoeg is genoeg. Welsyn bring mens nie in die hemel nie. Dit is ‘n antieke konsep wat deur die RK gebruik het om weelde te bekom en armes uit te suig,

Wassieêkkie ·

Vandat ek begin gee het (met goeie oorleg) was my beursie nooit weer heeltemal leeg nie. ʼn Karretjie wat ek persent gekry het beskou ek as Jesus se karretjie, hy help orals waar hy kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.