Gedagte vir die dag: Maak my oë oop sodat ek kan sien

uitgestrekte-hand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

“Moenie bang wees nie!” sê Elisa vir hom. “Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!” Toe bid Elisa: “Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!” Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was. (2 Konings 6:16-17)       

Geestelike blindheid kan selfs gelowige mense se oë swak maak en hulle besluite beïnvloed. Maar wanneer God ons oë oopmaak en vir ons ’n kykie gee op wie Hy werklik is, verander ons siening van die wêreld heeltemal.

Die Here se profete was in die minderheid en omsingel. Daar was geen hoop meer oor nie – behalwe die hoop wat hulle in God se beloftes gehad het. En dit was meer as genoeg. Wat Elisa geweet het, is dat dit wat jy sien nie altyd die werklikheid is nie. Die waarheid is dat hulle glad nie in die minderheid was nie; die hemelse leërskare was aan hulle kant. Soms is dít wat ons die nodigste het: oë om die onsigbare te kan sien.

Met die onverdiende onderdrukking en swaarkry wat ons rondom ons sien, en soms selfs in ons eie lewe ervaar, kan ons sig belemmer word. Wat ons in daardie oomblikke van neerlaag werklik nodig het, is die oë om die werklikheid van ons situasie raak te sien. Die waarheid is dat daar meer aan ons kant is as aan hulle kant. Die Here van die leërskare veg teen die magte van die duisternis. Die almagtige God is vir ons. Daarom hoef ons vir niks bang te wees nie.

Vra God vandag om vir jou die strydwaens van vuur te wys wat rondom jou is. Vra vir ’n kykie op die engele wat rondom jou kamp opgeslaan het, en doen dan die werk voor jou met die moed wat pas by iemand wat deur die hemelse leërskare omring is.

Die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle. – Psalm 34:8

Bron: In die skadu van die Allerhoogste deur Nancy Taylor & Chris Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MAGRIETHA ·

Amen – Dis ware woorde en party mense sien net wat hul wil sien hier is n les te leer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.