Gedagte vir die dag: Maak vriende

vriende_strand_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

‘Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. (Kolossense 3:12-13)

’n Nuwe huiseienaar se grassnyertrekker het gebreek en hy het vir twee ure tevergeefs gewerk om dit weer aan die gang te probeer kry. Skielik kom een van sy bure met gereedskap daar aan. “Kan ek jou dalk help?” het hy gevra. Twintig minute later het hy die grassnyer weer mooi aan die werk. “Baie dankie,” sê die nou gelukkige nuweling. “Sê my, wat maak jy met sulke goeie gereedskap?” “Meestal vriende,” het die buurman glimlaggend gesê. “Ek is enige tyd beskikbaar.” ~ Anoniem

Vader, help ons om bewus te wees van wat die mense rondom ons nodig het en dat ons bereid sal wees om van onsself en ons goed te gee om in daardie behoeftes te voorsien. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.