Gedagte vir die dag: Maar God …

Stiltetyd-13.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef. (Genesis 50:20)

Josef se lewe – en die manier waarop hy dit geleef het – is ’n ongelooflike voorbeeld van hoe om jou oë op God te hou tydens intense swaarkry.

Dis maklik vir ons om ’n paar hoofstukke in Genesis te lees en die goue draad van God se geniale plan te sien wat in Josef se generasie en tot in ewigheid gespan is. Josef moes dit egter deurleef. Dag vir stadige, moeilike dag. En midde-in daardie omstandighede kon hy nie sien hoe verwerping, slawerny, die tronk of die politiek moontlik lig en lewe kon meebring nie. Tog het hy aanhou vertrou. Aanhou gehoorsaam. En dekades ná sy swaarkry kon hy met absolute vrede vir sy broers – sy verraaiers – sê dat God iets goeds teweeg kan bring waar ’n mens niks goeds kan sien nie.

Jy sal dalk nooit weet wat die rede vir jou hartseer of jou pap band op pad werk toe is nie. En selfs al ken jy die rede, sal dit nie die ongerief of hartseer makliker maak om te verdra nie. Maar God. Maar God weef ’n goue draad deur die plan wat Hy vir jou het.

Kan jy terugkyk oor jou lewe en erken dat God dít wat jy as rampspoed beskou het, in guns of vryheid verander het?

Dierbare en magtige Koning, ek kan nie die goeie dinge sien wat U sal bewerk nie, maar ek vertrou U. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

amanda ·

Alle eer en lof aan ons Hemelse Vader……. Here dankie dat ek weet U weet en ken die beste vir ons lewens, jammer dat ons dak moedeloos raak, maar U bly altyd getrou. Sjoe, die Here werk op mysterieus ways….. dankie dat U so met my werk. Mag enig een wat die kommentaar lees, net ‘n geseinde dag beleef in Jesus Naam!!!

HEVW ·

n Baie bemoedigende boodskap. Ek reken as elkeen sy verlede mooi in perspektief sien sal hy besef dat die donker tye waarin daar selfs geen lig was tog met seen bedek was, al was dit dan ook net dat daar by jou n nuwe lewensvisie gekweek is.

Celia ·

Baie dankie vir hierdie gedeelte oor Josef. Veral die laaste tye met soveel hartseer midde ons mense in die land. Ons verstaan nie maar ons vertrou ons Hemelse Vader. Wanneer ons niks meer oorhet nie- niks nie- en besef wat geloof is. Josef se verhaal is vir ons in hierdie tyd. Vir my wat die pyn van my naaste wat geliefdes moet groet, diep in my hart ervaar.
Baie dankie Maroela.Ek bid ook vir julle met al die hartverskeurende berigte, dit kan nie maklik wees nie.

Genieve ·

Die Here is n warmaker van sy woord en dit gee ons hoop.Mooi bemoediging vir my vandag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.