Gedagte vir die dag: Mag ek iemand teregwys, of nie?

rigtig-wys-stiltetyd-pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hou op om ’n oordeel oor ander uit te spreek. Dan sal God ook nie ’n oordeel oor julle uitspreek nie. (Matteus 7:1)

Ek lees van ’n vrou wat die moed bymekaargeskraap het om vir haar buurvrou te sê sy is ’n alkoholis. Dadelik antwoord haar buurvrou dat sy nou nie meer gemaklik is dat haar kinders by hulle aan huis kom nie. “Ek drink geen alkohol vir die afgelope tien jaar nie. Ek probeer net sê dat ek ’n drankprobleem gehad het en dat ek elke dag steeds daarteen moet kies. Ek is niks anders as wat ek was tien minute gelede nie. Hoekom is jy?” vra sy toe. Mense word veels te maklik afgeskryf op grond van hulle verlede. Ons almal is skuldig hieraan. Jesus sê dat God ons gaan meet met die maat waarmee ons ander meet. Hy gaan ons aanspreeklik hou aan die hand van ons eie oordeel oor ander. Daarom moet ons ons idees en opinies oor mekaar weeg aan die hand van sy Woord.

“Die Bybel sê mens mag nie oordeel nie.” Dit is een van die mees misbruikte opmerkings. Dit word meestal buite konteks gebruik om almal tot swye te bring of om almal te laat skuldig voel wat dit waag om ’n opinie te hê. Jesus sê inderdaad in Matteus 7 ons moenie oordeel nie, maar dan bedoel Hy nie ons mag niks sê as ander mense droogmaak of uit karakter op tree nie. Jesus gebruik die voorbeeld van iemand wat rond loop met ’n houtstomp in sy eie oog, maar dan wil hy in die selfde asem klein splintertjies uit ander mense se oë ver wy der. Dit is skyn hei lig. Die houtstomp moet eers uit sy oog gehaal word voordat hy ander te regwys. Ons moet dus ’n gesonde oordeel hê wat deur Jesus gevorm word.

Bron:
Blydskap wat bly deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lena Jonk ·

Ja en die balke in ons eie oe is soms so groot dat ons niks goeds van ander raaksien nie. Baie dankie Stephan vir die rigtingwysers en rooi flikkerligte wat jy vir ons stuur, hoop almal lees dit.

Staak saam ·

God straf volkere, het God nie vir Israël gestraf oor die goue kalf nie.
Wat is bekering dan werd as jy iemand kan laat bekeer wat nie van sy ou wee wil afstaan nie, is dit nie jou Christelike plig om hom daarop te wys nie.
Dit is vandag so maklik om n skuld gevoel te se, maar die oordeel kom jou nie toe nie!
As jy oordeel dan weeg jy tog iemand se werke en daarvolgens bepaal jy n loon of n straf, is dit nie wat Jesus tog aan die einde gaan doen nie.
Die gay artiekals trek so baie kommentaar, en een vers na die ander word uit die Bybel gehaal om die sond uit te wys. Dit is tog nie oordeel nie, nog geen kommintator het so n persoon geoordeel nie soos Jesus sal oordeel nie.
Hierdie maning oor die sonde is n Christelike plig want met ons werke op aarde bou ons die koningkryk uit, as jy die sonde dood eenvoudig los dan tree jy nie op uit liefde nie want daai siel gaan verlore gaan.
Ons monnie klippe gooi en oordeel nie maar dit is ons plig om mekaar reg te help uit liefde.

Min mense verstaan dit in hierdie lewe waar menseregte die wet oorskadu.

DG ·

Daar is ‘n groot verskil tussen iemand te oordeel en iemand in liefde te waarsku. As iemand ‘n alkohol probleem het gaan dit haar en haar gesin se lewens verwoes. Die liefderyke waarskuwing is nie net gepas nie, dit word van ons as broers en susters van mekaar vereis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.