Gedagte vir die dag: Meer as Bybellees en bid

koringland_bid.jpg

Foto: christianscienceweston.com

Gee ons vandag ons daaglikse brood. (Matt 6: 11)

Dissipels van Jesus weet twee dinge van God: Hy is hulle absolute Voorsiener en hulle is in alles van Hom afhanklik. Afhanklikheid van God maak ‘n mens nie swak nie – inteendeel! Daar is niks wat ‘n mens meer vryheid en lewe bied as om van God afhanklik te wees nie. In hierdie gedeelte van Jesus se gebed leer Hy sy dissipels om dit te erken: “Van U is ons afhanklik in alles. U is ons Bron en U is die Een wat ons na die lewe lei.”

Dissipels het nie ‘n sogenaamde Sondag-verhouding met God nie, maar ‘n daaglikse, dinamiese verhouding wat meer is as net Bybellees en bid. Hulle kan God se liede en heerlikheid in alles waardeer. As dit goed gaan, loof hulle God, en as dit sleg gaan, verwag hulle God.

Is jy so bevoorreg om regtig te verstaan dat jou hele menswees, die feit dat jy asemhaal en bestaan, te danke is aan die wonderwerk van God? Vier dit!

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.