Gedagte vir die dag: Meer as ’n tikkie op die hand

helpende_hand.jpg

Foto: holdinghopeservices.com

God is die Regter wat mense se lewe oordeel en hulle daarvolgens straf. Wanneer God oordeel, is dit nie net ’n tikkie op die hand nie. Ons almal sal eendag voor God moet verskyn.

As dit vir jou lyk of goddeloses die oorhand het en of God magteloos is, dink weer. God vergeld nie dadelik sondaars se dade nie omdat Hy hulle in genade ’n kans gee om hulle te bekeer. God se genade is nie swakheid nie. Hy gee sondaars kans om tot bekering te kom.

God is so oorvloedig in sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld teenoor jou. Minag jy dit werklikwaar? Besef jy nie dat God so goed vir jou is omdat Hy vir jou tyd wil gee om tot inkeer te kom nie? (Romeine 2:4)

Die Here, ons God, ontferm Hom oor ons en vergewe ons, selfs al het ons teen Hom in opstand gekom. (Daniël 9:9)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.