Gedagte vir die dag: Meer as oorwinnaars

vrou_arms_uitgestrek_sonsondergang_see.png

Foto: onestoneaway.com

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. (Romeine 8:37)

Vir jou beteken oorwinning miskien dat jy weer trots kan wees op jou kind. Hy verander van skool, hy begin van voor. Jy sorg dat daar geen stigma aan hom kleef nie. Jy prys hom, jy beloon hom met geskenke. Jy hou hom fyn dop.

Dit beteken dat jy jou vriendin kan gelukwens met haar deursettingsver­moë en haar help om die kanker te vergeet, al vrees sy ’n terugkeer. Jy wil jou broer op die skouer kan klop oor sy nuwe werk en hom daarop wys dat werk skaars is. Jy wil vir almal vertel van jou avontuur op die rotslysie. Jou storie verskyn op koerantvoorblaaie en in gesinstydskrifte. ’n Televisiespan kom maak ’n program oor jou noue ontkoming. Jy vertel hoe jy gebid het en voel tevrede dat jy God die nodige erkenning gegee het.

Ons is mense van die wêreld en wanneer dit beter gaan, raak ons self­genoegsaam – selfs oor ons geloof. In wêreldse terme beteken oorwinning om die beste te wees, eerste te staan, met die beker weg te stap, ’n held te wees en nie weer te misluk nie.

Om in Christus Jesus meer as oorwinnaars te wees, beteken dat ons ons afhanklikheid van Hom verklaar, dat ons Hóm as die oorwinnaar erken, die Een sonder Wie jy nooit van daardie rotslysie sou kon afkom nie, nooit jou kind sou kon terugkry nie, nooit jou vriendin weer blosend gesond sien en jou broer aan die werk nie.

God gee volkome, Hy gee ons bo en behalwe genesing ook insig en wysheid. So verdiep ons geloof en verstewig ons verhouding en besef ons wat sy liefde in werklikheid behels.

Ek moes op die harde manier leer dat ek eers myself moet oorwin voor ek die prys wat U vir my wil gee, kan ontvang. Ek buig voor U, Here Jesus, want nou is ek meer as ’n oorwinnaar en wil ek hierdie oorwinning van harte met die wêreld deel.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sydney ·

Baie dankie aan die skrywer van die artikel, dit maak ons nie net nederig voor God nie maar laat ons weereens besef dat daar ‘n God is wat Hemel en aarde gemaak het. Laat ons mekaar met liefde aanvaar soos Hy telke male gedoen en nog altyd sal doen. My gebed vir die dag is vir vrede, verdraagsaamheid en liefde aan almal.

elsja ·

Dankie my gebed dan vir almal is om vandag genade ,kennis en insig te ontvang,

LS ·

Amen op hierdie mooi boodskap.
Dankie vir al die mooi boodskappe elke dag.
My gebed vir die dag is vir liefde en vrede. Mag daar in hierdie moeilike tyd soveel liefde wees dat almal daardie VREDE sal voel. Amen!

Linda-marie ·

Baie dankie vir die geestelike boodskapies wat my elke dag deur dra. Al gaan ek deur n woestyn tydperk in my lewe weet ek dat God my gereedmaak vir die beloofte land. Elke dag is n genade uit Sy hand.

Christine ·

Baie dankie dit is heerlik om al hierdie pragtige boodskappies te kan deel met ander en Linda Marie ek bid dat die Here jou sal gee die begeertes van jou hart. Ons aanbid a Great Big Wonderful God! Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.