Gedagte vir die dag: Meer as oorwinnaars

boer-windpomp-plaas-reint-dykema-11.jpg

Foto: Reint Dykema

Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. (Joh 16:33)

Die Here het nooit belowe dat ons ongeskonde deur die lewe sal gaan nie. En dit is ’n feit dat vreeslike goed met mense gebeur – ondenkbare dinge wat jy nie kan glo een mens aan ’n ander doen nie.

Wanneer iets slegs met jou gebeur, kleur dit dikwels die res van jou lewe. Ons bou mure om ons en probeer ons beskerm teen verdere seer. Ons sukkel om mense en situasies te vertrou. En soms is dit heeltemal te verstane – ons kan immers nie ander mense oordeel as ons nie beleef het wat hulle beleef het nie. In baie gevalle dink ons die mure wat hulle om hulle oprig, is heeltemal geregverdig.

Tog sê Jesus Hy het hierdie wêreld met sy seer en stukkendheid reeds oorwin, en ons is nou al oorwinnaars saam met Hom. Gee jou seer vir die Here en spreek jou oortreders vry – onthou, jy sal dit net uit sy krag kan regkry. Eis jou lewe terug in sy Naam en wéét jy is reeds ’n oorwinnaar.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.