Gedagte vir die dag: Meer geloof         

sonsopkoms_rustig_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” (Lukas 17:5)    

William Carey het as ’n jong man na Indië gegaan om die evangelie daar te verkondig. Hy het sy gesin daar verloor, maar hy was vasbeslote om die wedloop vir Jesus Christus te voltooi. Hy het vas geglo in die woorde van Lukas 9:62: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.” Hy het nooit na sy geboorteland teruggegaan nie en hy het nooit ’n vakansie geneem nie. Toe hy uit Engeland weg is, het hy vir sy familie gesê: “Ek sal julle in die hemel sien.”

Hy het probeer om die Evangelie in Indië te verkondig. Net ’n paar mense het egter begin glo en is gered. William Carey het vir die Here begin vra: “Here, hoekom is ek hier?” Hy het geloof so klein soos ’n mosterdsaadjie gehad. Hy het steeds groot dinge van God verwag. Hy het steeds in God se almag geglo. Hy het volhard. Uiteindelik het hy die Bybel vertaal in Hindoestani, Chinees en Sanskrit, een van die moeilikste tale in die wêreld. Hy het ’n groot drukpers ontwikkel. Die evangelie is oor die hele Indië versprei. Hy het die hooftolk in die howe van Delhi geword. Hierdie man met sy geloof soos ’n mosterdsaadjie het meer mense in Indië na die Here Jesus Christus gelei as enigiemand anders.

Wat doen jy op die oomblik vir God? Wat verwag jy van God? God sal jou geloof beloon.

Here Jesus, gee vir my meer geloof sodat ek groot dinge vir U in hierdie wêreld sal aanpak sodat al hoe meer mense in U, ons Verlosser, sal glo.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Von

Here U weet ek skiet so ver te kort….seen my Here met wat ek nodig het om n ware kind van U te wees….dankie genadige God

Johan

Amen!

Agie

Amen

SNEL

Romeine 10:17 geloof groei en word net sterker deur God se Woord aan te hoor, te lees en te bestudeer. Dink ook ons moet net blom waar God ons plant, om Sy lig uit te dra dat ander Hom deur ons sien kan hulle ook nader aan Hom trek. Almal is nie sendelinge nie, maar ons kan doen wat ons kan doen waar ons is, in ons huis, in ons werk, selfs as ons net winkels toe gaan.