Gedagte vir die dag: Meld aan vir diens

mense

Foto: Argief.

Lees: Matteus 20:20-28

Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense. (Matteus 20:26-28)

Toe die ma van Johannes en Jakobus vir Jesus vra of háár twee seuns eendag aan sy regterhand en linkerhand mag sit, is die ander dissipels erg verontwaardig oor hierdie versoek. Jesus antwoord haar dat Hy nie hieroor kan besluit nie. Hy sê wel dat elke persoon in die dissipelkring wat groot wil wees eers ’n dienaar behoort te word. Dit was met Hom die geval; Hy het nie na die wêreld gekom om gedien te word nie, maar om te dien – om sy lewe af te lê sodat ons by God kan uitkom.

Dit is net menslik om in beheer te wil wees, om die beste vir onsself te wil hê. Maar dit is nie hoe dit in die koninkryk van God werk nie. Hier moet ons bereid wees om onsself te verloën en God te volg, om ’n dienaar te wees. Soos dit die geval met liefde is, loop diens aan God feitlik elke keer oor in diens aan ander. “Die grootste beloning vir diensbaarheid is die bevrediging van jou eie hart,” lui ’n anonieme aanhaling uit Die groot boek van Christelike aanhalings. “Diens verryk nie net die ontvanger nie, maar baie meer die gewer,” is Gerhard Beukes se bydrae uit dieselfde bron.

Probeer vanjaar om elke dag diens te lewer, stel jou beskikbaar om deur God gebruik te word, en kyk self hoe gelukkig dit jou maak!

Here, ek is jammer dat ek so langtand is om diensbaar te wees. Maak my diensbaar aan U én ander. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Piet Le Roux ·

Is Ons Gered
Ek het in my lewe alles gedoen wat ’n gelowige veronderstel was om te doen. Ek het vandat ek kon begin onthou kleuterkerk, Sondagskool, KJA toe gegaan, ons het daardie jare nog Godsdiens periodes in skool gehad, Skool is elke oggend met Skriflesing en gebed geopen. Toe ek klein was, het die verhaal van Simson my so aangegryp ek wou ook my hare laat groei om net so sterk soos hy te word. Dawid se verhaal het my so gefassineer dat my oupa vir my ’n slingervel moes maak. Ek het elke middag na skool op die plaas saam met my swart maatjies gespeel ek is Dawid en hulle Goliat en die Filistyne. Hulle moes bontstaan vir my, soos my slingervel die groen perskes in hul rigting geprojekteer het. Soms was dit raak totdat ek een middag amper een outjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.