Gedagte vir die dag: Menslikheid en sondigheid

Hart_teken_sand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. (Psalm 145:8-9)

Dis mooi dat God die mens nooit sy menslikheid verwyt nie. Die Skrif sê God ken ons: ons nietigheid, ons gebrokenheid – selfs ons sondigheid. Onthou, die mens se sonde het Hom nie verras nie! God, wat alles ken, het van ewigheid af van die sonde geweet, maar Hy wóú die mens met ’n vrye keuse laat – anders sou die mens nie mens wees nie.

Net so was God se plan met die sonde, naamlik Jesus Christus, ook nie ’n skielike noodplan nie. Nee, Christus het van ewigheid af reeds “ja” gesê om die Middelaar tussen God en mens te wees. Die punt is egter dit: In die hele tragedie van die sonde bly God lief vir die mens! Wat Hy egter vra, is dat ons ons menslikheid met Hóm sal deel, dat ons ons gebrokenheid by Hóm sal kom heel. Uiteindelik is ons sonde nie die probleem nie, maar die feit dat ons nie daarmee na God toe gaan nie. So blý ons verlore!

Here, dankie dat U my deur en deur ken – en my nogtans liefhet! Dankie dat ek altyd na U kan kom met my gebrokenheid en my sonde. Genees my daarvan! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U wat alles van my weet my bo alles liefhet..Amen

FM ·

Christus het van ewigheid “ja” gesê om middelaar tussen God en die sondaar, mens te wees.

Daardie Liefde is goddelik. My verstand is beperk en kan dit nie ten volle begryp nie .

Dankie Jesus

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.