
Foto: jamiegrubb.wordpress.com
Jesus het grootgeword en in wysheid toegeneem; Hy was geliefd by God en almal wat Hom geken het. (Lukas 2:52)
Jesus was moreel volmaak vanaf sy ontvangenis, maar die Skrif sê vir ons Hy het insig bekom deur sy lewenservarings. Dis interessant dat die Bybel sê Jesus het “gehoorsaamheid geleer deur wat Hy gely het” (Hebreërs 5:8). Om te groei en te leer kan nie sleg wees nie; die sondelose Seun van God het dit ervaar. Dit is eenvoudig deel van menswees – sy menslikheid was werklik, nie net denkbeeldig nie.
Christus het nie net aan die kruis vir ons gely nie. As mens het Hy deur sy hele lewe gely en God het daardie lyding gebruik om ’n ongelooflike doel te bereik. In daardie opsig het Hy meer volmaak, meer volkome geword deur sy lyding.
As die Vader swaarkry gebruik het om Jesus na volwassenheid te bring, kan Hy dit sekerlik ook vir ons doen.
Vanaf die grondlegging van die wêreld het God geweet van jou swaarkry en het Hy verklaar dat Hy self ’n menslike vorm sal aanneem en deel word daarvan (wat beteken dat ons ook daarvan deel kan wees). Hierdie is nie ’n afsydige, onbelangstellende God nie. – Edward Welch
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Here Jesus dankie vir die Woord…..laat U Lig oor ons skyn in die donker wereld