Gedagte vir die dag:  Mentaliteit van seën       

ATTACHMENT DETAILS  graan_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom om in u tempel te bly. Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet, die goeie dinge in u heilige woning. (Psalm 65:5)

Dawid jubel, want God het hul gebede verhoor. Hy sien oral oorvloed: goeie reëns, groot troppe vee, koringlande wat swaar dra aan hulle oeste. Dawid sê dit gaan goed met dié wat die Here dien. Hy sê alle mense, ook dié in ver lande, sien dit en eer die Here. Ons moet dieselfde “mentaliteit van oorvloed” behou. Ons is immers geseëndes, egenadigdes, geliefdes. Ontwikkel die ingesteldheid om altyd die goeie raak te sien en uit te wys.

Natuurlik weet ons dit gaan nie nét goed nie en daar is nie altyd nét oorvloed nie. Nogtans bly ’n gelowige gelowig. God is in álle situasies, Hy beheer élke seisoen, Hy het áltyd ’n goeie bedoeling. Ons kan God altyd loof, want ons God is altyd lofwaardig. Selfs in ons skaarste is daar ’n oorvloed van sy liefde en nabyheid en maak ons staat op sy spoedige ingrype. Ja, soms is dit ’n dissipline om te loof, maar weet dit: Lof bring die oorvloed in jou hart in.

Getroue God, my hart loop oor van u goedheid. Ek beleef dit, ongeag my omstandighede. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.