Gedagte vir die dag: Merkteken van God se liefde

hart_klip_hand_stiltetyd.jpg

(Foto: pixabay)

Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe. (Jeremia 31:3)

Betroubaarheid is die merkteken van God se liefde. God het Hom by Sinaiberg aan sy volk verbind en sonder ophou voort gegaan om sy mense liefde te hê. Hoe wisselvallig hulle liefde vir Hom ook al was, sy liefde vir hulle het nooit getaan nie.

God het jou lief met dieselfde ewigdurende liefde. Hy het jou liefgehad toe jy gesond was en toe jy siek was. Hy het jou liefgehad in die dapperheid van jou jeug en Hy het jou nou nog steeds lief en sal jou altyd liefhê. Sy liefde vir jou het tot volle verwesenliking gekom deur Jesus se dood en opstanding. God wil hê jy moet ook liefhê sodat sy liefde in die wêreld sigbaar kan wees.

Here Jesus, Bron van alle ware liefde, vul my met u onvoorwaardelike liefde. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.