Gedagte vir die dag: Midde-in ellende  

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Hulle wag dat Ek My laat geld. (Jesaja 51:5)

In tye van groot beproewings het ’n Christen niks op aarde waarin hy sy vertroue kan stel nie en is hy verplig om hom tot God te wend. Ons kan God inderdaad dank vir die orkane wat ons siel na Hom toe waai. Soms vind ons dit egter moeilik om by God uit te kom omdat ons te veel vriende het. Maar die arme mens sonder vriende het nêrens anders waarheen hy hom kan wend nie. Hy vlieg in die Vader se arms in en word met vreugde omhels.

Kom ons stel ons volle vertroue in God aangesien Hy die enigste Een is op wie ons kan vertrou. Moenie jou God onteer deur twyfel en vrees toe te laat nie. Wees sterk in jou geloof en gee al die eer vir God. Die Here jou God sal Hom in jou swakheid verheerlik en sy mag te midde van jou ellende openbaar.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

piet ·

Here gee ons asb die krag sodat ons U nie onteer deur ons vrees nie

piet ·

HEREgee my asb die krag dat ek U nie onteer deur my vrese nie

Annie ·

Alle eer aan God hy is my enigste toevlug ???? Ek het vandag U beskerming so nodig ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.