Gedagte vir die dag: Minagting van God se genade

genade_Vergifnis.jpg

Argieffoto

Vergeef ons ons oortredings soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree. (Matt 6:12)

“Ek verstaan nie. Het God ons nie vergewe volgens die offer van Jesus aan die kruis nie? Hoe leer Jesus dan sy dissipels so andersom?” Dis reg, ja. God het deur die bloed van Jesus voorsiening gedoen is. Maar dis nie al wat gesê moet word nie. Daarmee saam leer Jesus sy dissipels niemand kan die barmhartigheid van God aanvaar, weier om dit aan ander ook te gee, en dan daarmee wegkom nie.

God is ons in Jesus sonder verdienste genadig. Hy verwag dat ons hierdie genade aan alle mense, ongeag die omstandighede, sal gee. As ek weier om dit te doen, staan ek voor God skuldig vir die minagting van sy genade.

Moenie vergifnis ligtelik opneem nie. Om die oortreders in jou lewe te vergewe, is nie ʼn voorstel nie.  Dis ʼn direkte opdrag van die Lewende God.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.