
Foto: pixabay.com
Die Here het vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” (2 Korintiërs 12:9)
Mislukking is deel van die lewe; ’n mens moet leer om dit te hanteer. Om die waarheid te sê, dit is deur mislukking dat God se krag die beste deur jou werk. Ons almal het swakhede. Ons almal misluk – dikwels. Die sleutel tot sukses lê nie in hoe min jy misluk nie, maar in hoe jy reageer wanneer dit gebeur. Almal wat erken as hulle misluk het en opkyk na God om hulp om hulle daarin te help, sal groot dinge bereik.
Hoe kan jy, as jy weer misluk, God se krag deur jou laat werk?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Dis so waar Amen
Here staan ons kleingelowiges asseblief by, Amen.