Gedagte vir die dag: Moeg geswoeg

vrou_meer_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie. (Jesaja 40:28)             

Dalk is jou lewe so besig en so sonder ’n oomblik se onderbreking dat jy nie eens agterkom hoe moeg jy is nie. Dalk is chroniese moegheid nie jou nuwe normaal nie – dit is sommer al lank reeds jou gewone standaard.

Of jou moegheid die gevolg is van jou eie swak keuses, of veroorsaak word deur werk of geldkwessies of ’n moeilike tiener – laat hierdie waarheid jou met nuwe energie vul: Daar is altyd hoop. Jesus het gesterf sodat jy vry kan wees. Dit beteken jy is vandag vry om ’n verandering te maak. Jou eerste stap kan wees om uit te roep na die God wat nooit moeg word nie. Hy het nie laatmiddag ’n energieinsinking nie. Hy raak nooit agter die stuurwiel of voor die televisie aan die slaap nie. Vra Hom om jou te leer hoe om te rus en hoe om te vertrou.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.