Gedagte vir die dag: Moenie alleen reis nie     

mense_bankie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saamwoon! (Psalm 133:1)         

Ek onthou dat ons die vrolike troudag van wonderlike vriende met hulle gedeel het, ’n paar weke nadat ons gehoor het ons pasgebore baba is blind. Die werklikheid van die lewe is dat ons meestal met parallelle paaie langs stap. Hartseer en geluk kan saam bestaan, en dit gebeur dan ook gewoonlik. Ons hoef nie die pyn van die wêreld van die skoonheid van die wêreld te skei om ’n vol, uitsonderlike en betekenisvolle lewe te kan geniet nie. Dit is oukei om te leef in die spanning tussen blydskap saam met een persoon en die opregte ervaring van pyn saam met iemand anders.

Om bekende terreine te verlaat beteken ook nie om alleen verder met jou pyn te stap nie. Ons is só ontwerp dat ons verbintenisse en gemeenskap nodig het, en ek glo eensaamheid is vandag een van die vyand se voorkeurstrategieë. Moet nooit sy leuen glo dat jy geen ander keuse het as om alleen verder te reis nie. Eintlik moet jy wonder of jy ooit in die regte rigting op pad is as niemand wat jy ken en liefhet bereid is om saam met jou daarheen te reis nie.

Here, dankie dat, ongeag die teenstrydige of verwarrende emosies wat in my opvlam, U my ontwerp het om gedra te word deur ’n gemeenskap sodat ek nie alles uit eie krag hoef te besluit en te doen nie. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Annamarie

Dankie dat U my seen met naby mense om my lewenspad met my te deel

Hennie Erasmus

Dankie Jesus vir U liefde en teenwoordigheid in ons lewens. Maak asb ons gesin heel. Amen

GL

Hemelse Vader dankie vir U teenwoordigheid in ons lewens, sonder U is ons niks. Amen.

Susan

Baie dankie my Alomteenwoordige Vader dat u nooit my hand los nie! Baie dankie vir U beskerming en dankie dat U my altyd dra. Nie net in moeilik tye nie maar altyd! Baie dankie vir beskerming van my familie, vriende en selfs my vyande. U was en is altyd goed vir ons! Baie dankie dat U lief bly vir my selfs in tye wat ek nie volgens U wil lewe nie!