Gedagte vir die dag: Moenie bang wees nie      

koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

My Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie! (Hag 2:5)

Jy is tot alles in staat deur Christus wat vir jou die krag gee (Fil 4:13). Glo jy dit? Leef daar steeds ’n oorweldigende vrees in jou, wat jou so verlam dat jy nie voluit vir die Here kan leef nie?

Deur die profeet Haggai herinner die Here jou vandag dat Hy vir jou sy Gees gegee het, en sy Gees sal altyd in jou en by jou bly. Moet dan nie bang wees nie!  Jy kan triomfantlik leef.

Glo dit, my vriend en jy sal die verskil in jou lewe sien. Ek bid vandag dat die Gees van God al die vrees uit jou lewe sal wegneem. Dan sal die Here Jesus Christus jou in sy koninkryk kan gebruik. Onthou, God gebruik nie net kampioene en wen ners nie. Hy gebruik ook die randfigure, die mislukkings en die ongeleerdes in sy koninkryk.

Onthou jy vir Petrus, die groot visserman wat vir Jesus drie keer verraai het? Die ander dissipels wat Jesus gevolg het, maar toe weggehardloop en Hom in die steek gelaat het? Tog het die Here hulle gebruik om sy goeie nuus aan al die mense te gaan verkondig.

God wil jou vandag met sy Gees vul en jou van alle vrees vrymaak. Vra Hom om dit vir jou te doen. Dan sal jy nuut kan begin, as ’n kind van God, gevul met die Gees, vry van vrees. Onthou hierdie woorde: “Waar die Gees van die Here is, is daar vryheid” (2 Kor 3:17). Dít is vryheid in Christus.

Vader, dankie dat U my vrees wegneem. Dankie vir u Gees wat in my woon en my deur die lewe lei. Ek is lief vir U en aanvaar u genade wat U so vrylik aan my bied. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PieterJohannes ·

Baie goeie boodskap vir ons tyd en ons land. Net belangrike regstelling. Petrus het nie vir Jesus verraai nie. Hy het Hom verloën. Hy het voorgegee dat hy Hom nie ken nie. Drie keer. Judas het Hom verraai. Hy het Hom vir geld verkoop en uitgewys aan die soldate deur Hom te soen. Soms misken ons ook vir Jesus in die openbaar. Petrus het diepe berou gehad en die Heilige Gees het kragtig deur hom gewerk. Hy het ook vreesloos sy marteldood tegemoet gegaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.