Gedagte vir die dag: Moenie bang wees nie

sonsopkoms_voels_stiltetyd_Marco-Brits.jpg

Apoka Safari Lodge, Uganda (foto: Marco Brits)

Julle weet dat twee mossies vir ’n skamele sent verkoop word. Tog beland nie een van hulle hulpeloos op die grond sonder dat julle Vader daarby betrokke is nie. Wat julle betref, is elke haar op julle kop getel. Wees daarom nie bang nie. Julle is vir Hom meer werd as ’n hele swerm mossies. (Matteus 10:29-31)

Die meeste van ons staan nie uit in die menigte nie. Ons invloed is maar gering. Ons talente is allesbehalwe buitengewoon. Wanneer beproewings en vyande oor ons pad kom, is ons hulpeloos en bang.

Jesus het gesê ons sal probleme ervaar in hierdie wêreld. Hy verstaan hoe moeilik dit soms is om die regte ding te doen. Hy sien hoe die vyand planne beraam, leuens versprei en julle in die versoeking lei om sonde te doen. Hy weet die wêreld haat julle omdat julle Hom liefhet. En nogtans sê Hy ons moenie bang wees nie.

Julle stryd is nie vir God ’n verrassing nie. Hy weet alles oor julle. Hierdie beproewings sal julle geloof en deursettingsvermoë versterk. Hy laat alle dinge ten goede meewerk. Hy versterk julle, vertroos julle en het julle tot aan die einde lief.

Bid vandag dat julle aan sy belofte sal vashou: “Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie.” (Johannes 14:27)

Here, gee vir ons moed wanneer dit moeilik is om vir U te lewe in hierdie wêreld. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.