Gedagte vir die dag: Moenie die evangelie verander nie

Storm_boom_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer die mense nog sê: “Alles is rustig en veilig,” dan skielik, soos geboortepyne ’n swanger vrou oorval, oorval ondergang hulle. Hulle sal dit beslis nie vryspring nie. (1 Tessalonisense 5:3)

“Ons preek genade. Die tyd van sonde preek, is verby!” sê ’n leraar. Is dit? Wie het dit besluit? Ons dink die evangelie is om slegs te konsentreer op genade en liefde.

Oppas vir ’n valse vertroosting! Petrus het vir die mense gesê: “Met die hulp van nie-Jode het julle Hom aan die kruis gespyker en vermoor” (Hand 2:23). “Dis hierdie selfde Jesus vir wie júlle uitgelewer en voor Pilatus verwerp het” (Hand 3:13), en wéér: “Die God van ons voorouers het Jesus uit die dood opgewek nadat julle Hom vermoor het deur Hom te kruisig” (Hand 5:30).

Petrus se prediking sal vandag báie ongewild wees. Hy skryf ook: “Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery” (1 Pet 2:1). Hy het duidelik nie die postmoderne memo gekry nie! Die Hebreërs-skrywer skryf: “Kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry” (Heb 12:1). Paulus skryf: “Maar nou moet julle ook nog van al die volgende ontslae raak: kwaad wees, woedebuie, gemeenheid, gevloek” (Kol 3:8). Weer skryf hy in Efesiërs 4:20, 22: “Maar dit is nie hoe julle Christus leer ken het nie. Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word” (Bybel in Afrikaans 1983/1992). Oppas vir valshede. Hou by die waarheid in Jesus.

Vader, bewaar my van die bedrieglikheid van die mens.

Bron: Wees oor niks besorg nie deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Esme ·

Vandat God uit ons skole, universiteite, Regering en lewens verwyder is, is daar gedurig meer en meer misinterpretasies – al wat vir my werklik sin maak is God se Woord en die 10 Gebooie behoort on riglyn te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.