Gedagte vir die dag: Moenie die Gees bedroef nie     

man_strand_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. (Ef 4:30)             

Ons land se sportspanne is dikwels lank op toer. Baie van ons sportsterre is Christene en om so lank weg te wees van die huis af moet swaar wees vir hulle. Ek het Hansie Cronjé se lewensverhaal gelees. Hy het bely dat die moeilikste deel van sy professionele sportlewe was om weg te wees van sy familie af. Dit was moeilik om dagin en daguit in die hotelkamer te sit. Hy wou nie uitgaan nie omdat die mense altyd om hom saam gedrom het.

Die eensaamheid weg van jou huis en van jou geliefdes af kan ook aan die duiwel ’n kans gee om in jou lewe in te sluip. Dit is juis die tye wat hy sal gebruik om chaos in jou lewe te saai. Die verleier sal in sulke oomblikke voor jou kom staan en jou probeer verlei om dinge te doen wat jy in ander omstandighede nooit eens sou oorweeg het nie. Dit is wanneer jy die krag van die Heilige Gees nodig het om jou op jou knieë te hou, om rein te bly, om te fokus op die lewe waartoe God jou geroep het.

Die apostel Paulus herinner ons in Efesiërs 4:30: “Moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.” Bly op jou knieë in tye van swakheid en smeek die Gees om jou sterk te maak sodat jy Hom nie sal bedroef nie.

Here my God, skenk my die krag van u Heilige Gees om op my knieë voor U te bly en heilig te leef. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.