Gedagte vir die dag: Moenie die wag voor jou mond afdank nie

 stiltetyd-paartjie-stilte-pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig. (Spreuke 17:28)  

Ek het self al ’n paar keer daardie hemelse wag voor my mond onwettig afgedank. Dan het ek myself behoorlik in die moeilikheid ingepraat. In sulke tye het ek gepraat voordat ek dink. Ek het ander onnodig seergemaak met skerp woorde. Ek het in rusies betrokke geraak wat my nie aangegaan het nie. Of ek het heeltemal te veel gepraat.

Spreuke waarsku teen sulke dwase gebabbel. Wyse mense kies altyd en oral hulle woorde versigtig. Daarom is dit altyd die moeite werd om na hulle te luister (Spr. 16:2123). Hulle woorde is gelaai met insig. Maar wyse mense is ook spaarsamig met hulle woorde. Hulle praat kalm en rustig (Spr. 17:27). Wyse mense kan ook hulle tong in toom hou; daarom hou dit hulle uit gevaar (Spr. 21:23). Hulle is nie kwaadstokers wat die vure van woede en rusie laat aanhou brand nie. Wyse mense weier dat hulle woorde in brandhout verander (Spr. 26:2021). Daarom bid ek elke dag dat die hemelse wag voor my mond permanent presies daar aan diens sal wees. Dit red my lewe. Dit bewaar my van dwaasheid.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U my help tot in my woord keuses….ek bid dat U Heilige Gees my elke dag sal leer en lei..ook my gedagtes sal vasvang na U Wil…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.