Gedagte vir die dag: Moenie grootkop kry nie

mense_stap_strand_skulpe_NathanSteyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees. (Rom 12:3)

Die eerste plek waar jy jou nuwe lewe van opofferend  e liefde kan uitleef, is in jou eie gemeente. Moe nie van jouself meer – óf minder – dink as wat jy behoort te dink nie. God gee aan ons elkeen gawes, en as jy nou ’n paar gawes meer as die res van jou vriendekring gekry het, is dit doodmaklik om in die proses te vergeet dat alles wat jy het van God kom. Dis nog makliker om grootkop te kry as ander mense jou gedurig komplimenteer en aanprys.

Christene behoort nederig en beskeie te wees. Hulle is immers mense wat ontdek het dat hulle gawes en talente van God kom, en dus daardie gawes en talente tot sy diens en tot sy eer in die gemeente aanwend.

Watter gawes het jy ontvang wat met vrug in jou gemeente gebruik kan word? Miskien is jy musikaal, dan kan jy by die gemeentekoor aansluit; miskien het jy leierseienskappe, dan kan jy aanbied om ’n voorsitter van ’n komitee te wees. Dalk is jou gawe minder opsigtelik, dan kan jy steeds help deur jouself beskikbaar te stel om in die kombuis te help of kinders op te pas. Elkeen het ’n gawe. Vind uit wat joune is en gebruik dit ten beste, sonder om in die proses hoogmoedig te raak.

Hemelse Vader, dankie vir gawes en talente wat U aan my toevertrou het. Help my om my spesifieke gawes in diens van U en my gemeente aan te wend. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.