Gedagte vir die dag: Moenie jok nie

God-sentrum-van-my-lewe

Argieffoto.

Toe het Jesus vir die Jode wat tot geloof in Hom gekom het, gesê: “As julle in ’n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers; en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.” (Johannes 8:31-32)

“Wat is waarheid? Wel, die waarheid is die teenoorgestelde van om leuens te vertel. Toe Jesus deur Pilatus ondervra is, het Pilatus Hom gevra: “Wat is waarheid?” (Johannes 18:38). Is dit nie wonderlik nie? Hy het daar gestaan en na die Waarheid gekyk en vir Jesus, die Koning van konings, gevra: “Wat is waarheid?”

Jy moet weet daar bestaan nie iets soos ’n noodleuentjie nie. Die duiwel kan jou heeltemal verslaaf met leuens. Ons moet altyd die waarheid praat sodat die duiwel nie ’n houvas op ons lewe kan kry nie. Slegs dan sal jy vry wees.

As ’n jong boer in Zambië het ek die voorreg gehad om ’n enorme landgoed te bestuur. Die eienaar was ’n nougesette en skerp man. Hy het my een oggend gevra: “Hoeveel sakke kunsmis het jy vir land nommer 25 gebruik?” Ek kon nie onthou nie; daarom het ek geraai en ’n noodleuen vertel. Ek het vinnig in my kop uitgewerk dat 4 sakke per hektaar teen ongeveer 20 hektaar omtrent 80 sakke sou wees. Hy het gesê: “Angus, dit is nie moontlik nie, want land nommer 25 is slegs 10 hektaar.”

Ek het so skaam gekry. My hele gesig het rooi geword en ek het vreeslik om verskoning gevra. Van daardie dag af het ek ’n notaboekie saam met my gedra. As hy my iets gevra het, het ek gesê: “Net ’n oomblik, meneer, ons het dit of dat met daardie land gedoen.” Dan sou hy sê: “Goeie werk, Angus, gaan voort.”

Die waarheid sal jou vrymaak. Moenie leuens vertel nie, dis is nie die moeite werd nie.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Scholtz ·

Volgens sommige sielkundiges, wat beweer hulle weet waarvan hulle praat, moet mens liewer iets soos hierdie in die positiewe vorm stel. Dus, eerder, “Praat die waarheid”, of “Wees waarheidsgerig” as, “Moenie jok nie.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.