Gedagte vir die dag: Moenie jou hart verhard nie

Blomme_Berg_Reint_Dykema_20.jpg

Foto: Reint Dykema

Hoe dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle raak weg, sal hy nie die nege en negentig daar in die bergveld laat staan en die een wat weg is, gaan soek nie? (Matt 18:12)

Wat dink jy? Die antwoord op Jesus se vraag is logies. As ’n skaapwagter soveel moeite vir ’n vervangbare skaap sal doen, hoeveel te meer sal God nie moeite doen met ’n verlore onvervangbare siel nie. Geen mens sal per ongeluk verlore gaan nie. Dit kos volgehoue en ywerige weer stand teen die genade van God om ewig van God geskei te raak. Sy ywer is reeds geopenbaar toe Hy Jesus gestuur het om vir ons te sterf, en sy ywer word daagliks nog gesien in die ondenkbare moeite wat Hy doen om mense se harte te wen.

Tog is daar mense wat ondanks alles wat God doen, steeds hardkoppig bly. Vir hulle sal die verskriklike dag kom wanneer God hulle eindelik aan hulle verharding sal oorgee. Wie sal hulle dan red?

Laat ons nie hardkoppig wees wanneer God praat nie (Heb 4:7). God se genade en goedheid wil ons tot bekering en lewe lei (Rom. 2:4-5). Verharding omhels die dood.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.