Gedagte vir die dag: Moenie jou liefde laat verflou nie  

mense-op-strand-sonsondergang.jpg

Foto: Annelize Brits

Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos aan die begin nie. (Openbaring 2:4)

Die boodskap wat die Here vandag op my hart gelê het om met jou te deel, vind ons in Openbaring 2:2-5: “Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle onvermoeide arbeid en julle volharding. Julle kan nie slegte mense verdra nie. Julle het ondersoek ingestel na die mense wat voorgee dat hulle apostels is en dit nie is nie, en gevind dat hulle leuenaars is. Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie. Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat!

Dit is die Woord van die Here en al die lof, eer en heerlikheid behoort aan Hom. Kyk vandag goed na jou lewe. Is jy nog so lief vir die Here soos aan die begin? Is jy so vasgevang in hierdie rotresies dat jy die Here eenkant toe geskuif het? Ondersoek jou hart vir die ware antwoord op hierdie vrae. Kies dan om die Here die belangrikste Persoon in jou lewe te maak, jou eerste liefde. Vra Hom en Hy sal hierdie verandering in jou lewe aanbring, want God het ons lief met ’n ewige liefde.

Here Jesus, ek het U baie lief, maar ek moet bely dat ek U in vele opsigte in die steek gelaat het. Bring my terug na U toe sodat ek dié dinge kan doen wat ek vroeër gedoen het.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Agie ·

AMEN
Niks, niks kan belangriker wees as my verhouding met God

andrep ·

Hoekom word daar na die Here verwys as n persoon, God is nie n persoon nie, n persoon verwys na die menslike, God is Gees, om na Hom te verwys as n persoon, verlaag Hom na menslike status.

OWO ·

Dit gaan nie om die woorde,een Wese,drie Persone nie,maar om die saak.Dis duidelik dat die evangelie deur Griekeland na die wêreld gekom het.Dis Griekse filosofiese begrippe.As die evangelie deur Afrika suid van die Sahara na die wêreld gekom het,sou ons nie hierdie woorde gebruik het nie.Afrika se tale het nie sulke onderskeidings nie.Maar die saak sou dieselfde gebly het.Daar is net een ware God,die God van Israel,maar daar is drie wat op een of ander manier saam God is.

Connie ·

God en Jesus en Heilge Gees is persone. Daar word na die Heilige Gees as die Gees verwys. As jy bid dan bid jy tot God die Vader in die Naam van Jesus.

Dries ·

GOD is een GOD, een in Wese, maar 3 Persone. GOD die Vader, GOD die Seun en GOD die Heilige Gees. Dis algemeen om so te praat onder Kinders van die Here.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.