Gedagte vir die dag: Moenie opgaar nie

see_skulpe_vrou_hand_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

“Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” (Matteus 6:19:21)

Ek sal my skure afbreek en groter skure bou. Dan sal ek genoeg plek hê om alles te berg. En ek sal terugsit en vir myself sê: Jou gelukkige kêrel! Jy het genoeg gebêre vir die jare wat voorlê. Ontspan nou! Eet, drink en wees vrolik! (Lukas 12:18-20).  Ons is geneig om te dink meer is beter. As jy ’n nuwe hemp koop, is die versoeking groot om ’n nuwe broek en skoene ook te wil hê wat daarby pas. Ook al is daar niks fout met jou motor nie, droom jy maklik van ’n nuwer, blinker model. Dis maklik om in die strik te trap van altyd nóg en méér te wil hê.

Die Bybel herinner ons dat ons niks van ons geld of besittings kan saamneem hemel toe nie. Deur soveel moontlik geld bymekaar te maak, sal ons nie geluk kan koop nie. Die Here bied iets veel beter: skatte in die hemel. Dís sy beloning wanneer ons vrygewig, vriendelik en liefdevol optree.

Wat is jou grootste motivering? Om soveel moontlik besittings bymekaar te maak? Of gee ons ons harte vir die Here sodat ons skatte in die hemel kan versamel (Matteus 6:19-21)?

Here, help ons asseblief om nie selfsugtige harte te hê wat al hoe meer aardse goed wil bymekaarmaak nie. Help ons om U lief te hê en vreugde daaruit te put om dit wat ons het met ander te deel. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.