
Foto: pixabay.com
Moenie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes. (Galasiërs 6:9)
As jy al ooit vasgebyt het met iets ten spyte van alles wat teen jou getel het en ten spyte van die feit dat jy gevoel het jy maak geen vordering nie, sal jy weet wat ’n wonderlike verrassing dit is as jy op ’n dag skielik besef: “Ek is besig om dit reg te kry!” Dis presies soos saadjies wat diep onder die grond geplant is: Jy gee water, jy wag, jy hou aan water gee … en net sodra jy begin lus raak om tou op te gooi, verskyn daar eendag ’n groen loot bo die grond.
As God vir jou grond gegee het om te ploeg, sál die groen lote verskyn. Hy is voortdurend besig om dinge te laat groei daar waar jy nie kan sien nie. Dit voel dalk of niks gebeur nie – jou kinders reageer nie; jou baas sien nie raak wat jy doen nie. God gee jou egter altyd die versekering dat jy op die regte tyd sal oes wat jy gesaai het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Dankie Abba Vader dat U altyd aan die werk is, al kan ons dit nie altyd sien nie…
Dankie Here dat ek volkome op U kan vertrou…U wil geskied…Amen