Gedagte vir die dag: Moenie tyd mors nie

(Foto: Unsplash)

“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. (Openbaring 1:8)

Ons Here word nie deur tyd beïnvloed nie, want Hy is tyd. Hy is die Begin en die Einde. Ons lees in 2 Petrus 3:8-9: “Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. Die Here stel nie die vervulling van sy beloofde terugkeer uit soos party mense dink nie. Nee, Hy wag geduldig ter wille van julle. Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom.”

Moenie uitstel nie. Kry jou sake vandag nog in orde. Onthou, God is nooit laat nie en Hy is nooit te vroeg nie. Hy is altyd presies betyds. Hy gee ons tyd en ruimte om te verander, want Hy wil nie hê enigiemand moet verlore gaan nie.

My broer het jare gelede vir my ’n pragtige storie vertel van twee amateur-gholfspelers wat graag in die professionele liga wou speel. Hulle het by ’n bekende gholfklub aangekom en gesien hoe een van die senior gholfspelers die een hou ná die ander afslaan. Toe hulle naderkom, sien hulle dit is ’n baie bekende gholfspeler wat al verskeie titels gewen het. Die twee jong gholfspelers het afgeslaan en hulle 18 put[1]jies gespeel. Hulle het teruggegaan klubhuis toe, gestort en ontbyt geëet. Toe hulle buite kom, sien hulle tot hulle groot verbasing dat die kampioen steeds op sy eie staan en balle afslaan. Hulle het nadergestap en hom gevra of hulle dalk ’n ronde saam met hom kan speel. Sy antwoord was: “Ek is jammer, ouens, ek sou graag wou, maar ek het eenvoudig nie tyd nie.” En dít is hoekom hy die kampioen was.

Moenie tyd mors nie. Maak daardie oproep. Skryf daardie brief. Sê vir jou geliefde jy is lief vir hom of haar. Jesus kom binnekort terug.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.