Gedagte vir die dag: Moet Christene arm wees?

Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Foto: carbonchurch.com

Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God … Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. (Lukas 6:20, 22)

Vandag se teksgedeelte kan jou dalk met baie vrae laat. “Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God …” Beteken dit dan dat Jesus armoede as ’n vereiste vir Christene stel? Nee, Hy het geweet sy dissipels is arm en wil daarop wys dat Hy opreg besorg oor die armes is. Die feit dat Jesus sê honger mense is “geseënd”, was destyds verrassend omdat materiële voorspoed in daardie tyd – soos so dikwels vandag – as bewys van God se seën gesien is. Jesus weet verder van die gevaar dat ryk mense dikwels onverskillig teenoor die koninkryk van God is en nie graag afhanklik van God wil wees nie. Jesus se boodskap was radikaal anders as dít wat mense destyds geken het.

Hierdie boodskap is vandag nog geldig, ons moet besef dat rykdom nooit vir ons ware vervulling bied nie en dit is in elk geval nie iets wat blywend is nie. Selfs gewildheid is dikwels van korte duur; ons moet eerder God se goedkeuring as mense se lof soek.

Nadat Jesus verskeie siekes gesond gemaak het, het groot skares om Hom begin saamdrom. Almal wou aan Hom raak en vir talle mense het Hy ’n simbool van geluk geword, byna soos ’n gelukbringer of ’n towenaar. Hulle het nie na God se liefde en vergifnis gehunker nie, maar wou net genesing hê of wonderwerke sien gebeur. Daar is vandag nog mense wat God slegs as ’n towenaar sien wat alles vir hulle vlot moet laat verloop. Onthou, God is geen towenaar nie. Hy is die Here, en gebed is nie ’n manier waarop ons Hom kan beheer of manipuleer nie. Dis ʼn manier waarop ons onsself onder sy beheer stel. Jesus beklemtoon gedurig dat ons in die moeilikste omstandighede slegs op God moet bly vertrou.

Geseënde mense is nie noodwendig ryk, mooi of talentvol nie, dit gaan ook nie altyd net goed met hulle nie, nee geseënde mense ken God.

Bron:
Stilword vir vroue deur Liesel Krause-Wiid
Uitgewer: Carpe Diem Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gerhard Snyman ·

Ek is maar nog nuut by Maroela Media se “stiltetyd” maar geniet dit elke dag!

Frans ·

As dit die geval is, hoekom is daar soveel pastore wat rol in die geld? Tel dit nie vir hulle nie, of gaan hulle nie die ewigheid be-erwe nie? Wat van soveel verse in die bybel waar God se vra en ek sal jou gee, of ek maak jou voorspedig? Lees daardie teks in totaliteit.

moekie ·

Ek dink die teks word verkeerd gebruik,arm van gees beteken mense wat geestelik versteurd is of wat werklik nie kan helder dink nie,wat so gebore is wat nie weet wat geld,klere kos ens…is nie moet nooit hoogmoedig wees nie, GOD praat nie van jou wat arm is nie,doen wat jy wil met jou geld, in my kerk ry almal BMW,Mercedes benze, so what hulle glo in GOD en sal seker hemel toe gaan wat hulle met huule geld doen is op hulle gewete,n paar rand vir arme mense of kos vir n gesin sal nie soveel kos nie,so ry maar jou 2 of 3 karre hou jou mooi huis GOD wil nie jou geld he nie, moet net nie die Gestremde van gees verwerp nie want dit is wat GOD van praat. (ek is nie n predikant nie net baie geleer in my lewe want my seun is 40jaar oud en het n brein siekte so aan hom behoort die KONINGRYK VAN GOD) Julle sal,moet of gestrem wees of dom wees om nie dit te kan verstaan wat ek nou vir julle wil probeer vertel.voel rustig mense hou julle baie geld gee net n bietjie Liefde vir jou arm van Gees mede-mens.

Melt Olckers ·

Daar is ‘n duidelike misverstand tov die term “arm van gees”. Iemand wat arm van gees is, is nie ‘n persoon wat in finansiele armoede leef nie, maar ‘n persoon wat nie gevul is deur allerhande geeste nie. n Gees is ‘n toestand wat beskryf kan word as ‘n onchristelike persoonlikheid, nie “demone” nie. Dit is iemand wat net die Heilige Gees in sy besit het. Finansiele rykdom is nie ‘n sonde nie, maar om rykdom te verkry om ‘n oneerlike wyse is.

Lance ·

Jou arm my arm en ander se arm is nie dieselfde nie …alles relatief

Pikkie ·

Arm in aardse besittings of arm in Wysheid. Die realiteit is dat ons die wette in ons harte het en as ons dit oortree gebeur wat nou met ons gebeur. Gaan lees Deuteronomium 28 in die 1933/1953 vertaling. Seëning en vervloekinge. Dit is baie duidelik dat die mens tussen die 2 hulle self misgis. Ek sien Seëning as om elke dag te leef vir my Skepper en Hom te loof en Prys. Want sonder die Allerhoogste was nie een van ons hier in die leerskool om volmaaktheid te beruik nie. Om nader aan die voet bank van sy voete te kom. Alles Seëning kom van bo af soms kry ons niks wat ook ‘n seëninge kan wees. Ons kan verskere nie so ver sien in die toekoms nie maar die Allerhoogste is Alomteenwoordige en Alweetend . Wat sê dat Hy weet wat wag vir ons op ons pad .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.