Gedagte vir die dag:  Moet my nie weggooi nie 

man_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. (Psalm 51:13, Bybel In Afrikaans 1933/1953)

Dawid is onder diepe sondebesef en smeek om vergiffenis. Hy beleef God se afwesigheid. Hy pleit hier dat God hom nie sal verwerp (letterlik “weggooi”) nie. Ai, Dawid het dit altyd so geniet om in God se teenwoordigheid te wees. Hy besef dat hy dalk nou as koning verwerp kan word – dat hy nie meer die koningskap waardig is nie. Daarom vra hy dat God nie sy Heilige Gees van hom af wegneem nie. In die Ou-Testamentiese tyd het die Heilige Gees veral gekom op sekere gesalfdes, soos konings, priesters of profete. Dawid is byvoorbeeld met die Gees vervul toe hy as koning gesalf is. Gaan hy dit alles verloor?

Uit ons Nuwe-Testamentiese perspektief glo ons nie dat God sy Gees sommer heeltemal aan ’n gelowige sal onttrek nie, maar ons word wel gewaarsku om die Gees nie te “bedroef”, of selfs te “blus” nie. Ons kan wel ’n lewe leef wat prakties gesproke geen plek vir die Gees het nie. Dan eindig jy met jouself. Dis nou sleg!

Heilige Gees, bly by my. Ek bid dat my optrede U nie sal bedroef nie. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Amen

OWO

Om ‘n lewe te leef wat prakties gesproke geen plek vir die Gees het nie,eindig jy nie met jou self nie.Jy eindig om vir ewig sonder God te wees.Dit is die ware hel.Daar is wel genade vir almal beskikbaar wat hulle sondes bely.