
Foto: pixabay.com
Wees baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys. Benut elke geskikte geleentheid, want ons lewe in slegte tye. (Efesiërs 5:15-16)
Ons elkeen ontvang ’n beperkte aantal jaar op die planeet. Dis geen wonder ’n mens voel kwaad en gefrustreerd as jy skynbaar jou tyd mors nie. Soms wil ’n mens so graag iets konstruktiefs gedoen kry, maar omstandighede vereis dat ’n mens wag … en wag … en wag.
Dalk kan ’n mens “gemorste” tyd anders probeer sien – as tyd wat op ’n doelbewuste manier bestee is. ’n Mens kan die meeste maak van “gemorste” tyd deur dit te gebruik om te dink of te beplan. Dis ook nooit ’n mors van tyd om te bid vir iemand wat voortdurend in jou gedagtes opkom nie, of om te vra vir wysheid en insig in die volgende besluit wat jy moet neem nie. Dalk is dít wat jy as tydmors sien ’n doelbewuste pouse: jou hemelse Vader wat halt roep sodat jy kan stilstaan, luister en saamwerk aan sy plan.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Dankie Here in U kosbare Naam wil ek tyd spandeer….by U voete dis swaar pak los….Amen