Gedagte vir die dag: Die motivering vir jou Christenskap

kruis-Medium.jpgInteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus. Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. (1 Pet 1:19, 22)

God haat sonde en kan dit nooit ongestraf laat bly nie. Die loon van die sonde is altyd die dood. Maar met sy kruisdood koop Jesus ons los van die straf van sonde; daarom moet ons mekaar in gehoorsaamheid aan Hom van harte liefhê, skryf Petrus. Jesus is die dryfkrag agter ons gehoorsaamheid. Met sy kruisdood maak Hy ons vry van die verslawing van ons sondige menslike natuur en word ons sondes vergewe sodat ons God se kinders kan word.

In hierdie maand het ons saam met Jesus op sy kruisweg gestap. Ons het opnuut besin oor die feit dat Jesus vir óns gekruisig is, dat Hy uit die graf opgestaan en die dood oorwin het. Met sy kruisdood en opstanding maak Hy vir ons die ewige lewe moontlik. Met die dood van sy Seun koop God ons vry van sonde. Jesus verdien vir ons ons hemelse burgerskap; ons hoef net in Hom te glo om dit te kry.

Jy kan dus nou al op die aarde lewe met die sekerheid dat die hemel vir jou wag. Hierdie feit maak van jou ’n ander mens as die res van die wêreld. Jy moet van nou af so lewe en optree dat hierdie andersheid deur ander mense raakgesien sal kan word.

Here Jesus, baie dankie dat U vir my die hemel verdien het aan ’n kruis. Help my om soos u kind te lewe deur ander mense lief te hê. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ina Jooste ·

Baie Dankie Vader vir Liewe Jesus help Ons net om mekaar Lief te he soos U ons lief het Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.