Gedagte vir die dag: My alles is by U     

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Ek het vir die Here gesê: “U is my Heer; buiten U is daar vir my niks goeds nie.” (Psalm 16:2, BDV)

Dawid sê vir die “Here” (sy Verbondsgod, Jahweh) dat Hy sy “Heer” (Adonai) is, met ander woorde sy Baas, sy Meester. God is die Baas in sy lewe. Dis wonderlik, maar hy vat dit nog verder. Hy het nie net ’n Meester nie, hy verlustig hom ook in sy Meester. Hy sê God is die enigste Goeie wat hy het. Wat hy bedoel, is dat niks van die vele goeie dinge in sy lewe – en onthou, hy was die koning – naby God kan kom nie. God is die bron en die eerste van al die goeie en lekker van sy lewe. Ja, hoe wonderlik redeneer hy nie oor die Here nie! Geen wonder Dawid was ’n man so na God se hart nie!

God kan in my en jou lewe ook so eerste kom – die beste, wonderlikste en belangrikste beginsel van ons lewe. As Hy die Meester in ons lewe is, is daar vreugde en vrede en sin en hoop. Hy maak alles goed – sien dit soos Dawid!”

Goeie God, U maak alles in my lewe goed. U gee sin en genot aan alles. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gina ·

Hoe wonderlik om dit te mag ervaar. Genade onbeskryflik groot, my troue Heer. Dankie daarvoor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.