Gedagte vir die dag: My boeie maak ander vry

Stiltetyd-5.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

En die meerderheid medegelowiges hier is só deur my gevangenskap in hulle vertroue in die Here versterk dat hulle dit al hoe meer waag om oor die boodskap van God te praat sonder om bang te wees. (Filippense 1:14)

Ons het vantevore stilgestaan by die vraag wat die sin van lyding kan wees. Vir ons dra dit by tot die versterking van ons geloof, en die egtheid van ons geloof word daardeur getoets. Maar ons moet buite die grense van ons eie klein wêreldjie beweeg. Ons moet vra hoe ons lyding kan bydra tot die verryking van ander mense se lewens.

Paulus vertel vir ons in hierdie teksvers hoe sy terugslae vir ander gelowiges tot seën was. Deur sy gevangenskap is ander gelowiges in hulle vertroue in die Here versterk. Dis asof Paulus wil sê dat sy boeie ander mense vrygemaak het om die evangelie vreesloos te verkondig. Ons hou nie altyd daarmee rekening dat mense ons fyn dophou nie. En dis juis dan, wanneer ons nie daarvan bewus is nie, dat ons getuienis (of gebrek daaraan) ’n merk op mense se lewens maak.

In vers 12 en 13 beklemtoon Paulus dat sy ont beringe die verkondiging van die evangelie bevorder het. As ons beproewinge mense se aandag op Jesus Christus sal vestig, is dit vir seker die moeite en pyn werd. Dan word die verlies in ’n onberekenbare wins om skep!

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.