Moenie jouself op die skouer klop nie. Laat iemand anders jou liewer prys. (Spreuke 27:2)
Trots hou ’n geweldige bedreiging vir persoonlike verhoudings in. Regmatige ouerlike trots – of jou trots op ’n vriend of kollega se status of prestasies – kan maklik verander in ’n vorm van spog of arrogansie. Ons deel byvoorbeeld die blye nuus oor ’n mylpaal of ’n bevordering met ander, want dit plaas ons in ’n gunstige lig. Maar soms sê dit meer omtrent ons en ons prioriteite wanneer ons trots is op ons kinders se prestasies of gedrag, as wat dit omtrent hul sukses sê.
Die teenoorgestelde is ook waar. Wanneer ons teleurgesteld is in ons kinders en ander geliefdes – wanneer ons verleë is oor hul gedrag of prestasies – word ons trots vertoon sodat almal dit kan sien.
Natuurlik moet ons ons geliefdes aanmoedig en bekragtig. Maar wanneer gesonde aansporing verwring word tot die ongesonde druk om te presteer, is Salomo se raad die sleutel om hierdie area van hoogmoed te oorwin: Laat ander jou (en jou kinders) prys, nie jyself nie. Jou grootste doelwit moet wees om seker te maak jou kinders, eggenoot en vriende weet hoe lief jy hulle het.
Is daar ’n mededingende neiging onder die vroue in jou kring wanneer dit by kinders, kollegas of sosiale verbintenisse kom? Wat kan jy vandag doen om daardie neiging te verbreek?
Here, help my om my geliefdes lief te hê, aan te moedig, te bekragtig en te ondersteun. Maar help my ook om die luide beuelblasery aan U oor te laat. Amen
Dankie, dit is ñ insiggewende artikel.
Alles wat ons is en het is deur die Here se genade.