Gedagte vir die dag: My lewe – ’n Suiwer, heilige offer

Boekevat-Wortelgat-Berg-ABrits.jpg

Foto: Annelize Brits

Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei”. (Johannes 7:38)

Jesus het nie gesê: “Die een wat in My glo sal al die seëninge van die volheid van God laat realiseer” nie, maar in werklikheid: “Die een wat in My glo sal vind dat alles wat hy ontvang, weer vrygelaat word.” Die leer van Jesus was altyd antiselfverwesenliking. Sy doel is nie die ontwikkeling van ’n persoon nie, sy doel is om ’n persoon presies soos Hy te maak, en die Seun van God word gekarakteriseer deur selfontlediging. As ons in Jesus glo, gaan dit nie oor wat ons wen nie, maar oor wat Hy deur ons laat vloei. God se doel is nie om van ons pragtige, volronde druiwekorrels te maak nie, maar om van ons druiwekorrels te maak waaruit Hy die soetigheid kan pars. Ons geestelike lewe kan nie gemeet word aan sukses soos die wêreld dit meet nie, maar slegs aan dit wat God deur ons giet, en ons kan dit hoegenaamd nie self meet nie.

Toe Maria van Betanië … ’n albaste fles egte, baie duur nardusolie … oopgebreek en die inhoud daarvan op sy kop uitgegiet (het) (Mark. 14:3), was dit ’n daad wat niemand anders as iets besonders beskou het nie. Inderdaad, party het selfs gevra: … “Waarvoor is hierdie vermorsing van reukolie?” (v. 4). Maar Jesus het haar geprys vir haar oorvloedige daad van toewyding en gesê: “ … Oral waar die evangelie … verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot ’n herinnering aan haar” (Mark. 14:9). Ons Heer word met oorvloedige vreugde gevul telkens wanneer Hy sien dat een van ons doen wat Maria gedoen het; nie gebind deur ’n bepaalde stel reëls en regulasies nie, maar geheel en al aan Hom oorgegee. God het die lewe van sy Seun uitgegiet: “ … sodat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh. 3:17). Is ons bereid om ons lewe vir Hom uit te giet?

“Die een wat in My glo, uit sy binneste sal strome lewende water vloei” (vgl. Joh. 7:38) en honderde ander lewens sal voortdurend verkwik word. Nou is die aangewese tyd om die “fles” van ons lewe te breek, om op te hou soek na selfbevrediging en ons lewe voor Hom uit te giet. Ons Heer vra wie van ons dit vir Hom sal doen?

Bron: My allerbeste vir Sy Hoogste deur Oswald Chamber
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

Wonderlik!!!!!!!

Oorlopens vol sodat almal kan ontvang en oorlopens vol word en oorloop.

Dankie Jesus

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.