Gedagte vir die dag: My Verlosser leef

vrou_uitgestrekte-arms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek weet dat my Verlosser leef, en dat Hy aan die einde op die aarde sal staan. ( Job 19:25)

Watter ongelooflike woorde wat getuig van soveel geloof! En dit het gekom oor die lippe van Job, baie geslagte voordat Jesus die Verlosser aarde toe gekom het om ons te red. Job het vertrou dat daar ’n Verlosser sou kom om alles wat verkeerd is reg te stel. Hy het geglo dat daar lewe ná die dood is, en hy is oorweldig deur die hoop op wat hy eendag sou sien.

Ons weet hoe waar Job se woorde is, want ons ken vir Jesus. Hy is die Verlosser, die Een wat eendag sal terugkeer om oor almal te oordeel en oor die nuwe hemel en die nuwe aarde te heers. Ons weet ook ons het die ewige lewe wat God beloof het. Wanneer ons aardse liggaam vergaan, sal ons verder by Jesus leef en Hom van aangesig tot aangesig sien.

Job het sy lyding met hierdie hoop verduur, en dit sal ook genoeg wees om ons deur ons tye van lyding te dra. Wanneer ons sien hoe ons liggame al hoe swakker word, weet ons dat ons eendag met ’n onverganklike liggaam beklee sal word en by Jesus sal gaan woon. Wanneer ons swaar gebuk gaan onder die onreg rondom ons, kan ons vertrou op die Verlosser wat op die laaste dag op die aarde sal staan en oor die nasies sal oordeel. Wanneer ons oorweldig word deur die sorge en probleme van die lewe, kan ons ons bewapen met die kennis dat ons genadige Verlosser ons tot in alle ewigheid veilig sal bewaar.

Jou Skepper sal ook jou man wees. Die Here, die Almagtige, is sy Naam. Die Heilige van Israel is jou Redder. Hy is die God van die hele wêreld! – Jesaja 54:5

Bron: In die skadu van die Allerhoogste deur Nancy Taylor & Chris Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.