Gedagte vir die dag: My Vader se huis

veld_see_heuwel_skape_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Geseënd is dié vir wie U uitkies, hulle wat U laat naderkom en in u tempel laat woon. Mag ons oorlaai word met die goedheid van u huis, in u heilige tempel. (Psalm 65:5)

As kinders van God word ons lewe in Christus gewaarborg. Hy kom terug om my en jou te kom haal sodat ons saam met Hom in sy koninkryk kan wees. In Johannes 14 sê Jesus vir sy dissipels om nie bekommerd te wees nie. “In die huis van my Vader is daar baie kamers. Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is” (vers 2-3).

Jesus wil graag hê ons moet vir ewig saam met Hom wees. Dis wonderlik om Johannes 17 te lees waar Jesus voor sy kruisiging bid. Dit spreek van soveel liefde vir ons, soveel liefde vir sy Vader, soveel vasberadenheid en sekerheid dat ek en jy, sondaars, Jesus se lyding waardig is. Hoe groot is sy liefde nie vir ons nie! “Aan Hom wat magtig is om julle van val te bewaar, en julle sonder vlek met groot vreugde voor sy heerlike teenwoordigheid stelling te laat inneem” (Judas vers 24).

Here Jesus, dankie dat U vir my ’n woonplek saam met U in die hemel voorberei. Ek weet U is besig om my te reinig en voor te berei sodat ek in staat sal wees om die lewe saam met U volkome te aanvaar en te geniet. Ek sien uit na daardie heerlike dag. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Manie ·

U is n paar keer met klein letters geskryf. Dit is mos nie reg nie?

neelsie ·

Dankie Here, vir die vreugdevolle vrede in ons lewe as U kinders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.